top of page
kelli-tungay-2LJ4rqK2qfU-unsplash.jpg

Wiskunde, Taal en Berading

Wat is
IdaWeB?

'n Bemagtigingsentrum vanaf swangerskap tot u kind die skool verlaat.

Kind-in-Totaliteit Benadering

Ons werk vanuit ‘n siening dat die leerder uit siel, liggaam en gees bestaan. Die impak van die omgewing, en vorige ervarings speel ‘n geweldige rol in die vordering van die kind op akademiese vlak.

 

Uit my vorige ervarings waar ek in gewone-, privaat- en spesialeonderwys gewerk het, speel die emosionele stabiliteit van die kind ‘n uiters belangrike rol voordat leer kan plaasvind. Met ander woorde, ‘n kind moet eers veilig, geliefd en gereed wees vir leer voordat dit kan gebeur.

 

Die groot-, fyn- visuele- en ouditiewe ontwikkeling moet in plek wees sodat  

formele leer kan gebeur. Die gebruik van suiwer taal met n ryk woordeskat is so noodsaaklik vir wiskunde, lees en spelling.

Bemagtigingsentrum

Hier by Ida Wiskunde en Berading is die leerders altyd die kern van wat ons doen. Die holistiese benadering waarmee ons jou kind help om Taal en Wiskunde probleme aan te pak, is ons wenresep. 

​

Ons bied ekstra lesse aan, maksimum 5 leerders per les, individuele les, sowel as kursusse vir die ouers en onderwysers om hulleself te bemagtig sodat hul kind optimaal kan leer. 

​

Tydens Covid-19 het ons begin om via aanlyn interaktiewe lesse te doen en vind dit baie suksesvol. Tans word ons lesse aangebied by Ida Wiskunde en Berading Sentrum sowel as die aanlyn klasse.

 

Ons sien uit om te hoor hoe jy by ons gaan inskakel al woon jy nie in Pretoria nie!

Ontmoet die Span

Ida Dawkins_edited.jpg

Ida Dawkins

Sentrum-Eienaar & Onderwyser (40 jaar ervaring)

My Godgegewe talent om kinders te onderrig, doen ek met deernis en liefde.

'n Doelwit om ouers en kinders te bemagtig sodat hulle optimaal kan ontdek, leer en die lewe in oorvloed te leef bly altyd 'n strewe. Ons doel is om mense raak te leef met Sy liefde.

Diedre Kritzinger_edited.jpg

Deidre Kritzinger

Onderwyser

Na 'n groot teleurstelling in wiskunde het ek besef watter emosionele impak wiskunde kan hê. So my passie is om leerders te help om hulle vrese te oorkom en die genot van wiskunde te ervaar.

Gerine Janse van Niewenhuizen_edited.jpg

Gerine Van Nieuwenhuizen

Onderwyser

Ek het 35 jaar onderwysondervinding en sien steeds elke kind as 'n uitdaging. Ek poog om kinders meer geskool, meer gelukkig en meer gereed vir die wêreld daar buite te laat.

Mirie Burger

Aanlyn Onderwyser

Ek is ‘n ongelooflike passievolle Wiskunde juffrou. Tesame met dit, is ek mal oor kinders van alle ouderdomme. 
Dit sal vir my die grootste voorreg wees om jou te help.

Suksesstories

“baie dankie sy Afrikaans het van 58% in die eerste kwartaal na 71% in die derde kwartaal verbeter.  Baie dankie vir julle insette.”

(+27) 82 563 4449 | ida@idaweb.co.za

821 Oudtshoorn Straat, Wingate Park,

Pretoria, 0153

Klik hier om ons inskrywingsvorm af te laai

  • Facebook
  • Instagram
Waarmee help ons jou kind?

Ons gesels binnekort!

© 2023 Ida Dawkins

bottom of page